top of page

Water op Kooigoed

"WATER SAL DIE OORSAAK WEES VIR DIE VOLGENDE WÊRELDOORLOG", SO GEBRUIK DIT MET DIE GROOTSTE ONTSAG EN DEERNIS.

Kom kyk op Kooigoed hoeveel ons dit waardeer.

Reënwater

Die drinkwater op Kooigoed kom van die dakke af en die oorloopwater vanuit die silttenks word in ondergrondse massatenks gestoor. Daar is sowat 150000l suiwer, heerlike, onbesoedelde, chemies-vrye water ondergronds gestoor.

Die tuinwater op Kooigoed kom van gronddamme, en dit word met 'n sonenergie-waterpompie opgepomp tot in die druktoring vanwaar dit besproeiingswater oor die plaas voorsien.

Waterverhitting

Die warmwater word totaal net deur die son verhit deur middel van twee sonpanele wat ons self gebou het. Die sonverhitte water word in 'n massatenk (met 200mm isolasie rondom) gestoor, en lewer brandwarm-water die hele jaar, selfs wanneer die sonnetjie vir tien dae wegkruip. Hoera! Geen Eskom!

bottom of page