top of page

Oor Kooigoed

Kooigoed Gasteplaas is op die Korentepoort dam pad, 5km buite Riversdale in die Wes-Kaap (34°02'12.8"S 21°13'07.8"E}. Die plaashuis op Kooigoed Gasteplaas is ontwerp en gebou deur Danie Crafford, trotse eienaar van die stukkie hemel op aarde. Hier is Kooigoed se storie:

Kooigoed is 'n droom wat waar geword het, en waar die werklikheid mooier is as die droom.

Ons kyk uit oor die verruklike Novo-valei en die Langeberge net agter dit, en die geur van fynbos oorweldig jou.

Die geboue is gebou uit beton wat handgekompakteer is binne 'n skuifbekisting-vorm om die laagste moontlike koolstofspoor te laat.

Alle energie wat op die plaas gebruik word kom van die son en wind en al die water is reën wat op verskillende maniere bewaar word.

Verhitting en verkoeling is deur moedernatuur alleen, en ons weet dus nie van beurtkrag nie.

Reis deur hierdie webwerf en geniet die alternatiewe lewenswyse saam met ons, of beter nog: KOM KUIER EN BELEEF DIE OPLOSSINGS.

bottom of page